You are here
Onderversekering rede tot kommer, Swarttland Gazette, June 2013
’n Onafhanklike opname wat in Maart vanjaar deur True South Aktuarisse en Konsultante in opdrag van FMI inkomste beskermingspesialiste gedoen is, het bevind dat Suid-Afrikaners se ongeskiktheidsversekering tans uit R11,1 triljoen bestaan: dit beteken dat byna 2 miljoen selfwerksame en kommissiewerkers nie genoegsame ongeskiktheidsdekking geniet nie.
Brad Toerien, die algemene bestuurder by FMI, sê versekeraars moet daarteen waak om versekering nie op grond van emosie te verkoop nie, maar eerder gebaseer op feite. “Ons is soms nie so effektief om kliënte se werklike behoeftes te bepaal nie en dit kan mense met kommerwekkende tekorte laat in die gesig van enige waarskynlike aktuarieële gebeurlikheid.” Volgens dié opname is die gaping in die ongeskiktheidsversekeringsmark optimisties gesproke 75%, maar dalk nader aan 93%.
Dit is ’n kommerwekkende situasie. “Tydelike ongeskiktheidsversekering is wat selfwerksame Suid-Afrikaners die nodigste het en tog bied versekeringsmaatskappye hulle nie wat hulle nodig het nie,” aldus Paul Zondagh, die uitvoerende direkteur by True South. “Ek glo nie dit is nodig om die ekonomiese en sosiale gevolge van hierdie tekort uit te spel nie. Sonder behoorlike versekerde inkomste sal duisende mense, veral selfwerksames, besigheidseienaars, hul werknemers en afhanklikes hulself in katastro_ ese _ nansiële omstandighede bevind.”
Die Momentum Wellness Index toon dat die meeste Suid-Afrikaners sieklik of marginaal gesond is en volgens die Krediet Buro Monitor is net 38% van verbruikers op datum met hul skuld terugbetalings. Versekering is steeds ’n wrokuitgawe en die vlakke van besteebare inkomste is laag. Lewensdekking word dubbel soveel as ongeskiktheidsversekering verkoop terwyl dit teoreties andersom moet wees. Die True South navorsing het bevind dat lewensdekking teen 60% verkoop word, ongeskiktheidsdekking 30% en kritiese siekte teen 10%.
Volgens FMI navorsing, is die kanse om tydelik ongeskik te wees tot 40 maal groter as permanente ongeskiktheid en 90% van ongeskiktheidsversekeringseise duur slegs vir 90 dae wat beteken Suid-Afrikaners kry net 7% van die tydelike dekking wat hul nodig het.
Tydelike ongeskiktheid dek nie net ernstige siektes en ongelukke nie, maar ook beenbreuke, longontsteking en kwale soos spierbeserings. Lewensversekering en kritiese siekte dekking word dus baie meer van verkoop en wat ongeskiktheid betref word permanente dekking meer as tydelike dekking verkoop.
Enkelbedraguitbetalings (lump sum) het ook ter sprake gekom. True South het bevind indien ’n kliënt ’n enkelbetaling van R5 miljoen verlang om in langtermyn behoeftes te voorsien, hy of sy die minimum van ’n ekstra 31% dekking moet uitneem – dit is dekking van R6,6miljoen om die risiko van die enkelbetaling volgens die _ nansiële industrie regulasies te dek.
Met ander woorde, sou ’n kliënt ’n enkelbetaling van R5 miljoen verlang, die waarde van die uitbetaling net sowat R3,4 miljoen werd sal wees en dit is waar die ware risiko is. Indien ’n kliënt ’n enkelbetaling verlang, gaan dit gepaard met reuse in_ asie en beleggingsrisikos.
In teenstelling dra die versekeringsmaatskappy die risikos met ’n maandelikse inkomste uitbetaling. “Ons kan nie bekostig om polisse op grond van emosies, tradisies, modes, intuïsie of selfs aanvraag te verkoop nie. Net omdat ’n kliënt vir ’n spesi_ eke polis vra, beteken nie dat ons aan hulle moet verkoop nie. Ons moet werk met bewysbare behoeftes en uitkomste.” sê Toerien.
“Eerstens moet alle lewensdekking hersien word. Daar word twee maal soveel lewensdekking as ongeskiktheidsdekking verkoop. Dit is nie logies nie, veral met jonger mense wat nie skuld het nie. True South sê mense het ten minste 50% ongeskiktheidsdekking nodig veral as daar na hoë skuldvlakke en lae spaartendense gekyk word. Versekering is die enigste manier om ’n ononderbroke inkomste te verseker.”
Maak seker dekking is waarlik dekking. Ons moet bepaal wat die ware behoeftes van kliënte is en besin oor die relevante bykomende voordele wat die kern voordele sal ondersteun. Die beskerming van inkomste behoort prioriteit te wees, “sê Toerien.
Kliënte behoort kwaliteitprodukte te ontvang en nie kwantiteit nie.
True South het vasgestel, sonder om die omvang van die versekeringsindustrie te verander, dat die inkomstebeskermingsmark in Suid-Afrika 10 maal groter behoort te wees om te groei van sowat R57miljoen tot R524 miljoen. Die groei verteenwoordig ’n groot inkomstepotensiaal vir die industrie in geheel.